Reënboog van hierdie “valley”!
Centurion is groot en is opgedeel in
amper klein dorpies.
So het ons ook ons eie dorpie,
die ene Doringkloof, met strate soos
Sonja, Jasper, Louise en Leonie.
Ons het ʼn klein winkelsentrumpie,
vir as jy nou nie lus is vir ʼn groot “mall” nie.
Ons het ʼn kafee in die middel wat sommer
bekend staan as Sonja kafee,
terwyl hy heeltemal ʼn ander naam het.
Op die sypaadjies staan die mooiste bome
en meeste sypaadjies het lieflike grasperke.
Ons het een huis wat ons elke Kersfees
vermaak met duisende liggies.
Maar soos meeste dorpies ook maar
‘n burgemeesters en leiers het,
het Doringkloof ook sy eie span.
Wonderlike mense wat vir ons omgee.
Nie net ons veiligheid met buurtwag nie,
maar ook ons welstand met ons
Doringkloof “care” groep.
Elke straat het ʼn kaptein en hier in die
stad ervaar ons baie plattelandse omgee.
In hierdie span ontmoet ek mos toe eendag
ʼn blondekop maltrap. So Engelse meisie wat
Afrikaans vlot praat met baie boer in haar.
Ene Jessica Viljoen
Sy het energie en geduld van 10 mense.
Sy is oral en altyd besig om sommer ʼn
klompie goed uit te sorteer.
Sy kry soms ʼn dankie. Maar ook nie altyd nie.
Sy doen dikwels baie meer agter die
skerms as wat ons van weet.
Hierdie sagte vroutjie moet ook soms
baie konflik uit sorteer dink ek
.As ek nou vandag soos Karen Zoid n
medalje kon oorhandig, dan sou ek
Jessica vereer het as
“die reënboog van ons vallei”.
Jessica jy bring kleur aan ons gemeenskap.
Alles wat jy doen is vrywillig
en ek dink soms nie maklik,
maar dankie dat jy jou kleure met ons deel.
Jy maak die lewe mooi.
Soos ʼn verfkwassie saai jy in
ʼn swart en wit wêreld sommer baie kleur!
Dankie! We love your paintings!
Nelanie van Skalkwyk.
Recent Comments