NUUSFLITS
Die Algemene Jaarvergadering van die Doringkloof Inwoners Vereniging (DIV) word op Woensdag, 09 April 2014 om 19:00 in die NG Kerk saal gehou. Ons sal hopelik teen 20:00 klaar wees.
Die vergadering is veral belangrike omrede belangrike kwessies wat die Doringkloof-gemeenskap raak bespreek sal word, sowel as die verkiesing van die nuwe DIV komiteelede. Die inkomende DIV komittee is dan verantwoordelike vir die bestuur van die DBW vir die volgende jaar. Indien u iemand vir die komitee wil benoem stuur asb. u nominasie aan mrdramer@gmail.com saam met ‘n aanvaardingsbrief (van die persoon genomineer) om ons voor 2 April 2014 te bereik.
KEEPING OUR COMMUNITY SAFE – BE PART OF A SUCCESS STORY – PART II
The Doringkloof Neighbourhood Watch (DNW) has since its inception been successful because of the radios.
Unfortunately the power outages recently showed how many people apparently do not have their radios switched on or do not have them at hand. COME ON – we need all of us to keep a listening watch on the radio so that we can react if necessary, especially if the incident is in our street. After all, we are a neighbourhood watch, not an organisation with a special security force to come at our bidding!
The other thing noticed is that many people tend to use the radio as a telephone. We know that the radio is easier to use, but again COME ON, – if you want to talk to another person then phone them, like you did before the radios. Please do not use the radio for a chat between two persons, even if your message is going to be a short one.
PLEASE PLAY YOUR PART – We rely on each and everyone to make the DNW work.
At the same time it was great to see how many people did reacted to the crime incident the other night in Rose Street. It goes to show that we do have residents who care for their fellow residents.
HOU ONS GEMEENSKAP VEILIG – WEES DEEL VAN DIE SUKSESVERHAAL – DEEL II
Die Doringkloof Buurtwag (DBW) kan sy sukse sedert sy ontstaan aan die radio's toeskryf.
Ongelukkig het die onlangse kragonderbrekings vir ons uitgewys hoeveel mense blykbaar nie hul radio's aangeskakel hou nie, of die radio byderhand het nie. KOM AAN – om die buurtwag te laat werk is dit nodig dat ons almal op die radio moet uitluister, sodat indien nodig, ons kan reageer, veral as die voorval in ons straat is. Ons is 'n buurtwag, en nie ‘n organisasie met ‘n sekerheidsmag wat sal opdag sodra ons ‘n nood het nie.
Ook opgemerk is die baie mense wat geneig is om die radio as 'n telefoon te gebruik. Ons weet dat die radio makliker is om te gebruik , maar weereens, KOM AAN – as jy met 'n ander persoon wil praat bel dan vir hulle, soos jy dit gedoen het voor ons die radios aangeskaf het.
Moet asseblief nie die radio vir 'n tweegesprek gebruik nie, selfs as jou boodskap 'n kort een gaan wees.
KOM AAN – BRING JOU KANT – Die DBW maak staat op elke inwoner.
Terselfde tyd was dit wonderlik om te sien hoe baie mense op die misdaad voorval nou die aand in Rose Straat gereageer het. Dit bewys dat ons wel inwoners het wat vir hul mede-inwoners omgee.
The Team
Recent Comments