MOENIE DIE MARK MIS!

Die Doringklowers gaan fees hou en dit mag vir niks gemis word nie!

Groot lekkerte word beplan vir Dinsdag 9 Augustus 2022 by Doringkloof Village market.

Die familie markdag, wat op vrouedag gehou gaan word, is spesiaal beplan vir oud en jonk!

Uitstallers se aansoeke stroom reeds in en dit beloof om n dag te wees wat onthou gaan word.

Die mark gaan aangebied word op die terrein van die SDA kerk in Koranna laan 98 in Doringkloof met meestal plaaslike uitstallers, alhoewel Doringkloof gemeenskap ook hul deure oopgegooi het en die ander gemeenskappe in Pretoria genooi het om deel te neem aan die groot dag. Nie net as feesgangers nie, maar ook as uitstallers.

Doringkloof gemeenskap is vol talent en inwoners se stalletjies sal bekend staan as “Local is lekker”.

Daar is deur die Doringkloof Village market kommittee besluit om slegs produkte te verkoop wat nie jou allerdaagse tipiese goedkoper vlooimark produkte is wat goedkoop aangekoop word en weer  herverkoop word nie. Die idee is om die mark n unieke en oorspronklike styl te gee wat die mense sal motiveer om jaarliks terug te kom!

Die mark sal van 9h00 tot 15h00 plaasvind om die uitstallers genoeg tyd te gee vir op en afslaan van hul stalletjies.

Doringkloof staan bekend as gemeenskap wat omgee vir hul mense en bymekaar staan. Familie georiënteerd is, daarom sal al die stalletjies ook familie vriendelik wees.

Van die uitstallers sal kaartmasjiene beskikbaar hê, maar ander sal weer slegs op kontantbasis werk. Bring dus altwee saam. Daar sal genoeg en n verskeidenheid verversings wees. Bring dus die vrou in jul lewe vir n heerlike ontbyt! Onthou die kinders ook🤣. Veilige parkering.

Die organiseerders van die mark is n gedugte span en gereed om enige vrae te beantwoord wat jul het.

Die organisering van die mark het reeds vroeg in Julie afgeskop met n naamkompetisie vir die mark en die wenner sal haar kontantprys kom afhaal op die spesifieke dag.

Vir enige navrae of die bespreek van n stalletjie, kan u n epos rig aan: market@doringkloof.net